Follow Us: Join Us on Facebook Read our Blog Follow Us on Twitter Change Language: Afrikaans Website Dutch Website French Website Italian Website

Anlin Beach HouseTree HavenCornerway HouseChristiana LodgeReitvlei Country Estate

Welkom op Plett - Plettenbergbaai - die aller-mooiste en mees dramatiese kusdorp in Suid-Afrika.

Gholf, strande, eko-toerisme, avonture - daar is soveel redes waarom Plett op Suid-Afrika se Tuinroete as kusbestemming verkies word. En die GAA (Gaste-akkommodasie & Aktiwiteite-vereniging) sal seker maak dat u die heel beste akkommodasie geniet terwyl u hier vertoef.

PLETT - PERFEK
Perfekte weer, perfekte skoonheid, perfekte atmosfeer - dit spel Plett Perfek. Perfek om te verken - en ook perfek as u liewer wil ontspan en glad niks wil doen nie.

Plett is 'n rustige en bekoorlike dorpie vol gasvryheid met 'n verruklike uitsig oor 'n uitgestrekte halfmaanvormige baai langs die warm Indiese Oseaan. Die myle der myle ongerepte strande bied dramatiese rotsagtige skiereilandjies en interessante strandmere. Op die agtergrond troon inheemse woude hoog uit. Inderdaad die perfekte speelgrond vir 'n vakansie.

Die natuurliefhebber vind Plett 'n paradys met die natuurreservate en Nasionale Parke wat dit omring. Hou walvisse en dolfyne dop, bespied vols en gaan stap, vaar met 'n kajak, ry fiets - hoe u ook al die natuur geniet, dis perfek in Plett.

HOE OM HIER TE KOM
Plett l langs die bre nasionale roete N2 wat goed in stand gehou word, ongeveer 550 km oos van Kaapstad en 250 km wes van Port Elizabeth - albei roetes is aangenaam en bied 'n gerieflike rit deur die aller-mooiste landskap. Klein vliegtuigies kan land op die dorp se eie lughawe terwyl groter lughawens by George (90 km) en Port Elizabeth (250 km) groter vliegtuie bedien.

GAA
U word verseker van 'n warm en vriendelike verwelkoming by elk van die ondernemings wat lid is van die Gaste-akkommodasie- & Aktiwiteite-vereniging van Plettenbergbaai.

Kies uit meer as 30 plekke om te bly - almal word deur eienaars bestuur en voldoen aan die streng kriteria van GAA. Baie is deur die Automobiel Assosiasie (AA) en die Toerismegraderingsraad van Suid-Afrika gegradeer. Hulle bied almal uitstekende diens en die heel modernste geriewe.

GAA-lede waarborg vriendelike, persoonlike diens om seker te maak dat u verblyf altyd Plett perfek sal wees.

U sal meer as 100 aktiwiteite vind wat vir ontspanning in die Plettenbergbaai-gebied gerel word. Gholf, see-kajakke, kano's, perdry, reservate vir diere, mariene safari's, wildreservate, bungi-spring (die wreld se hoogste), abseil, wonderlike strande ... wat ook al u begeerte vir die dag, dis perfek in Plettenbergbaai.

Die GAA van Plettenbergbaai het 4 kategorie akkommodasie:
BED EN ONTBYT
Definisie: Bed- en Ontbyt-akkommodasie word gewoonlik in 'n (private) gesinswoning verskaf en die eienaar/bestuurder woon in die huis of op die perseel. Ontbyt word gewoonlik bedien. Badkamergeriewe kan en-suite en/of privaat wees of nie. Oor die algemeen deel die gas die openbare dele van die huis met die gasheer se gesin. Sien akkommodasie op ons Engelse databasis...

RUGSAKREISIGERS / JEUGHOSTEL
Definisie: 'n Onderneming wat akkommodasie bied aan rugsakreisigers en/of diegene wat in jeughostelle tuisgaan verskaf gewoonlik gemeenskaplike geriewe, wat slaapsale insluit, maar bied moontlik 'n reeks alternatiewe slaapplekke. Slegs ondernemings wat voorsiening maak vir gaste wat 'n kort rukkie bly (reisende publiek) kwalifiseer vir gradering.Sien akkommodasie op ons Engelse databasis...

PLATTELANDSE GASTEHUIS (COUNTRY HOUSE)
Definisie: n Plattelandse gastehuis is n groot gastehuis, gewoonlik gele in n natuurlike, rustige omgewing soos naby n natuurreservaat, n bos, n meer, ens. Dit bied al die geriewe van n hotel, etes ingesluit. Sien akkommodasie op ons Engelse databasis...

GASTEHUIS
Definisie: 'n Gastehuis is f 'n huis, herehuis, ens wat omskep en aangepas is om oornagbesoekers te huisves, of is gebou vir daardie doel. 'n Gastehuis word as kommersile onderneming bedryf en word dikwels deur die eienaar bestuur. 'n Gastehuis het openbare plekke wat eksklusief deur die gas gebruik word. Die eienaar/bestuurder woon op 'n ander plek of in 'n aparte plek op die perseel.Sien akkommodasie op ons Engelse databasis...

HERBERG (LODGE)
Definisie: n Herberg verskaf akkommodasie in n landelike en natuurlike omgewing. Gewoonlik word wildbesigtigingstoere, slagveldtoere, en ander ervarings wat deur die herberg aangebied word, by die tariewe ingesluit,. Alle maaltye word gewoonlik voorsien (kos en drankies). Die gradering van akkommodasie geld alleen vir die gasvryheidsaspekte van die Herberg en nie die ervarings nie.Sien akkommodasie op ons Engelse databasis...

SELFSORG
Definisie: 'n Huis, kothuis, chalet, huthuis, woonstel, ateljee, villa, boothuis, tente of soortgelyke akkommodasie waar geriewe en toerusting verskaf word sodat gaste vir hulleself kan sorg. Die geriewe moet voldoende wees vir die maksimum aantal bewoners wat volgens die advertensie daar gehuisves kan word. Sien akkommodasie op ons Engelse databasis...

HOTEL
Definisie: n Hotel voorsien akkommodasie aan die reisende publiek, het n ontvangsarea en bied ten minste n ontbytsaal of gemeenskaplike eet area aan. Gewoonlik verskaf n hotel kos en drankies aan gaste, alhoewel die dienste moontlik deur n buite party voorsien mag word, indien nie deur die hotel self nie. Sien akkommodasie op ons Engelse databasis...
home
stay in plettenberg bay
specials
accommodation enquiry form
14 day availability
play in plettenberg bay
outdoor activities
animals & wildlife
golf
beaches
parks / hiking trails
itineraries / packages
specials
map of things to do in plett
tourist information
travel advisory service
general information
events in plett area
accolades
photo gallery
video gallery
plettenberg bay street map
google map of plettenberg bay
plettenberg bay weather
wine estates
weddings
contact us
our profile
links
german page
spanish page
afrikaans page
dutch page
french page
italian page



Website designed and hosted by